Geagte kollegas,

Die program vandag is as volg:

 

 1   12h00  Regslui met hul gesinne (wat kinders insluit ) kuier vanaf 12h00 te Castle Deck, Vrystaat stadion.
    Verversings soos wors, worsbroodjies en hamburgers is te koop asook koeldrank, bier, ens.
2. 13h30 Spelers arriveer reeds geklee in truie, broekies en kouse. (Bring ’n togsak saam en klere vir later: stortfasiliteite is beskikbaar).
    Toeskouers sit in Presidentslosie (kontantkroeg beskikbaar)
3. 14h00 Amptelike spanfotos word geneem op hoofveld ( spelers, beskermheer, spanbestuurder, skeidsregter, ere-skeidsregter, grensregters en regter Ian van der Merwe wie die RP en Regbank verteenwoordig)
    Volksblad neem ook fotos asook video-span.
4. 14h30 Voorwedstryd: Prokureurs en klerke.
5. 15h30 Hoofwedstryd: Spanne maak los op hoofveld.
6. 16h00 Spanne draf op veld en word deur onderskeie kapteins aan Regter van der Merwe en beskermhere voorgestel. Wedstryd skop af
7. 16h45 Trofee word aan wenspan oorhandig en Speler van die Wedstryd in elke span aangekondig.
8. 17h00 Regslui en gesinne kom byeen in Presidentslosie: verversings word gratis verskaf en kontantkroeg beskikbaar (kuier tot laat)
NAVRAE: Corrie Ploos van Amstel SC         Cell: 082 470 7000